Decisive Interventions by Gift of the Givers and Kaapjag
Decisive Interventions by Gift of the Givers and Kaapjag
Desperate cries of help from farmers in Laingsburg necessitated the Gift of the Givers fodder intervention into these areas. Western Cape MEC for Finance, Dr Ivan Meyer, accompanied our fodder distribution in Laingsburg on Friday
“N Spesiale dankie aan Johan de Vos en Sandy Bruns met aanmoediging van Danie Prinsloo wat vir ons die voerbale gratis geskenk het. Ons gemoed is baie vol maar baie, baie dankbaar. Ook n duisend dankies aan Gift of the Givers vir jul ope harte en moeite asook vir die gratis vervoer van die bale en vir Kaapjag (Yaseen) vir jul bydrae. Ons waardeer dit werklik opreg. Ons diere veg vir oorlewing. Jozef en Coreen le Roes
Laingsburg.”
“Ek wil net vir die skenkers van voerbale, Johan en Sandy, die vervoer, Gift of the Givers, drywers Stanley en Tebogo, wat gister se skenking moontlik gemaak het op die plaas Sandpoort in Laingsburg, baie dankie sê.
Julle gee n mens weer moed vir die boerdery. Ek persoonlik is finansieël kwaai geaffekteer deur droogte en besig om moed te verloor. Daarom is hierdie skenking vir mybaie waardevol. Baie dankie.”
“Aan die persone wat betrokke was met die voer skenking, Kaapse Jag, Gift of Givers en voerskenker boere Johan en Sandy, wil ek my dank en waardering uitspreek. Met die voerskenking verlig dit soveel stres in die tyd wat my man Adriaan ook terminaal siek is en baie siek is met Motor Neuronsiekte. Dis werklik ñ riem onder hart om te weet daar soveel mense is wat omgee. Ek glo vas en weet God het jul op ons pad gestuur. Ek, Charlotte as Adriaan se vrou, sê baie baie dankie. Mag jul oneindige seën vorentoe kry. Dankie vir jul Engele op ons pad”
“Hiermee my opregte dank en waardering aan: Johan Terblanche vir die soek van voer. Johan de Vos Sandy Buns Danie Pretorius, vir die skenk en laai van voer. Gift of the Givers vir die vervoer en die vervoerkoste. Stanley en Tebogo wat die vragte veilig en op tyd afgelewer het. Yaseen vir die raaksien van die nood en Jacobus dat jy ook so ń groot rol gespeel het in die hele proses. Nogmaals dankie Jan du Toit”
“Dankie aan Johan Terblanche van Vrystaat Brand Vereniging en sy lede groep, Yaseen en Gift of the Givers vir die gras bale skenking. Ons waardeer dit regtig.
Dankie en groete
Quintus (Skurwekraal plaas, Laingsburg)”
“Baie dankie vir elke persoon wat die voerskenking moontlik gemaak het. Spesiale dank aan elke boer wat die bale geskenk het sowel as die mense wat dit moes baal, Gift of the Givers vir die vervoer van die bale asook vir Yaseen wat dit moontlik gemaak het. Ek wil ook vir Alli , Oom Gideon en hulle hele span bedank, vir al die oproepe en besoeke op die plaas wat dit moontlik gemaak het, sowel as gehelp het met die reëlings. Ons kan net ons dankbaarheid getuig in die tyd van nood aan elkeen wat ons help. Weereens ongelooflik baie dankie aan elkeen. Wat dit moontlik maak om ons op ons plase te hou.
Groete
Jacobus Nel Laingsburg”
“Baie dankie vir die bale wat ons vandag ontvang het. Dit laat n mens klein voel en soms hartseer want dit is vanaf iemand wat jy nie eers ken nie maar baie bly daar is nog iemand wat vir n ander omgee. Tans is ons in n erge oorlewingsstryd weens die 4 jare se droogte. Ons waardeer elke halm opreg. Ek hoop julle sal geseen word want ek glo dit wat jy saai ook sal maai. Dankie ook aan Gift of the Givers en aan almal wat betrokke was met die reelings. Koos Nel Sandpoort”
“Graag wil ons baie dankie se aan die skenker van die bale, aan Gift of the Givers en almal betrokke by die reelings wat dit moontlik gemaak het om vir ons te voorsien van die bale wat ons vandag ontvang het. Wees verseker dat ons dit opreg waardeer. Bertus en Christa Mans”
“Dankie aan Gift of the givers en almal betrokke vir die groot skenkings en betrokkenheid in die Laingsburg gemeenskap. Dit word opreg waardeer. Lukas Botes”
“Hiermee my opregte dank en waardering aan elkeen wat ń bydrae gemaak het om die skenking wat ons vandag ontvang het, in die vorm van voer, moontlik te maak. Nogmaals baie dankie.
Jan du Toit Laingsburg”
“Ek wil graag vir al die betrokkendes baie dankie se vir die bale vandag. Dit word opreg waardeer. Dit voed n heel paar monde.
Groete Finsie Santie en JP. van Laingsburg”
“Ek wil net baie dankie sê vir die voer wat vandag geskenk is aan ons. Ons diere gaan deur geweldige moeilike tye omdat daar bykans geen ruvoer in die veld is nie. Ons is baie dankbaar vir dit wat ons ontvang het. Baie baie dankie aan elkeen betrokke wat dit moontlik gemaak het.
Maryke Gouws Laingsburg”
“Baie dankie aan die skenker van die bale en aan Gift of the Givers vir hul wonderlike bydrae en bereidwilligheid en harde werk om ons te help.
Attie Stadler Laingsburg”